Love Story
Babykie
09 January 2020
My lam, jy is my grootste pain in my ass. Ek het jou liefgehad lank voordat ek geweet het jy sou myne wees, en dit was nie maklik nie. Jy is nogsteeds nie maklik nie, veral om jou partykeer te verstaan. Jy maak my mal maar jy is 'n uitdaging wat ek elke dag wil hê. My hart het nog altyd vir jou geklop. As jy net vir my so mooi smile, klop dit erger. Die drang om jou weer in my lewe te hê, het my genoop om daardie friend request te stuur, al twee kere. Jy is vir my bedoel en ek is net joune, al dink ek ons hoef nie te trou nie, weet ek ek gaan nie 'n ander man 'n kans gee om jou van my weg te vat een dag nie. Toe jy swanger geraak het, was ek heeltemal verward. Medies gesproke, het ek gedink om 'n pa te wees, was nie vir my beskore nie. Maar vandag het ons ons pragtige klein AmoreïQ. Sy is my grootste seën en my trotsste prestasie. Jy het my 'n pa gemaak, en daarvoor sal ek vir ewig dankbaar wees. Ons verhouding is moeilik. Dit is uitdagend en verwarrend, 'n konstante op en af. Jy is hardkoppig en vurig, 'n busy bee, doelgerig, 'n aanpakker, en jy gee nooit op nie. Jy is lief vir my op so 'n manier dat ek net dít soek. Jy is lief vir ons drie kinders, jou ma-hulle, en selfs my ma ook, al is dinge moeilik. Jy is alles wat ek nie is nie; partykeer wonder ek hoe jy doen wat jy doen, veral om my hart so te steel. Ek is maar net lief vir jou. Jy is myne, en ek kan my lewe nie sonder jou voorstel nie. - Mans
Misunderstood
11 April 2004
People don't understand us at all, and they don't have to, but maybe they will. I am "The One," the one you see as impossible and the biggest pain in the butt. I'm the one who drives you crazy almost daily, the one you constantly find fault with and question why I do what I do. Jy is my man, selfs voor ons trou. 'n Man van stille passie, wat jou vreugde vind in die vertroosting en vrede van jou eie huis. 'n Introverte genie wat alledaagse voorwerpe in meesterstukke verander. Jou kreatiewe intelligensie is grensloos. Jy is 'n skepper wat glo niks is onmoontlik nie, en wat my ook "moontlik" maak. Jy is 'n man wat "niemand seermaak nie" en "niemand pla nie." 'n Man met 'n hart so groot, wat die regte persoon nodig het om daardie intensiteit op die regte manier te kan rig, iemand wat weet hoe om dit te aanvaar en te waardeer. Jy, my man, word gedryf deur 'n skielike seën, 'n passie van binne, en 'n onuitgesproke wete dat jy my man moes wees ten spyte van jou verlede en ons s'n. Jy het uiteindelik die moed bymekaar geskraap om met my te trou, en al sê jy dis nie nodig nie, bly jy onvoorwaardelik liefdevol en toegewyd aan my. Jy het besluit om my man te wees, wettiglik. I am your wife. The one who puts you in your place, brings you out of your inner world, and shows you that you do hurt people, even me. And that you do bother people. But I'm also the woman whose intense love grounds you and brings completeness to your inner chaotic world that you try to hide with all your might. I, your wife, am the force that fuels your creativity, activating the inner magician in you and showing you that life can be beautiful and happy. And during that time, you brought my inner hidden magic, which I also tried to hide with all my might, to the surface and brought it to life. Your love, no matter how intense it is, fuels my own passion; it may be uncomfortable at times, but you, BabyQ, will always be my hero.
Send Wishes
RSVP