Chanél
Maid of honour
| Mon | Tue | Wed | Thu | Fri | Sat | Sun |
|---|---|---|---|---|---|---|
| 1 | 2 | |||||
| 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
| 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
| 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
| 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29
|
30 |
Love is not just a noun - it is a verb; it is more than a feeling - it is care, sharing, helping, sacrificing.
Ons storie het in 2022 begin. Dit was Chantané se eerste dag van hoërskool in n nuwe skool. Dirk het sy Matriek seritfikaat gaan haal by haar nuwe hoërskool en hy het haar raakgesien. Chantané het hom op daardie stadium glad nie raakgesien nie — sy het nie eens geweet wie hy was nie. Maar Dirk het haar raakgesien. Hy het geweet daar is iets aan hierdie meisie wat sy aandag getrek het. Dirk het toe vir een van Chantané se beste vriendinne vir haar nommer gevra. Van daar af het hulle storie begin. Later het Chantané en Dirk begin praat. En net drie dae daarna het Dirk vir Chantané gevra om uit te gaan. Sy het ja gesê. ’n Week later het hulle amptelik eers mekaar raak gesien vir die eerste keer. Die mooiste deel is dat hulle mekaar toe nog eintlik moes leer ken. Hulle het nie geweet wat die toekoms vir hulle inhou nie. Hulle het net begin met ’n gesprek, ’n nommer en twee mense wat mekaar stadigaan leer ken het. En van daar af het die liefde geblom. Hulle kon nie dae sonder mekaar wees nie. Een jaar het twee jaar geword. Twee jaar het drie jaar geword. Drie jaar het vier jaar geword. En deur elke jaar het hulle saam gegroei. Maar hierdie is nie net ’n perfekte liefdesverhaal waar alles altyd maklik was nie. Hulle het hard gewerk om te kom waar hulle vandag is. Baie hard. Daar was goeie dae, maar ook moeilike dae. Daar was lag, trane, verskille en fights. Maar deur alles het hulle aangehou om vir mekaar te kies. Want ware liefde beteken nie dat julle nooit probleme het nie. Dit beteken dat julle bereid is om saam daardeur te werk. En toe, op 7 Februarie 2026, op ’n middag in Februarie, het Dirk vir Chantané gevra om met hom te trou. En Chantané het gesê: “Ja.” ❤️ Vier jaar en ’n maand nadat hulle verhouding begin het, het hulle ’n nuwe hoofstuk van hulle storie begin. ’n Storie wat begin het met Dirk wat vir Chantané raakgesien en wat vandag ’n liefde geword het wat hulle albei se lewens verander het. Van ’n nommer wat Dirk by ’n vriendin gekry het, tot ’n verhouding van meer as vier jaar, tot ’n verloofde wat eendag sy vrou gaan word. Dit is nie sommer net enige liefdesverhaal nie. Dit is Chantané en Dirk se liefdesverhaal.
We are about to embark on a new journey – the journey of our little family. We would be honored to have you with us on this special day to create unforgettable memories together!
Maid of honour
Bridesmaid
Thank you very much for sending the best wishes to our wedding!
Congratulations on your big day! I hope this love will always be strong and overcome all challenges and obstacles.